Jaarboeke

Voorligting en berading 220


 
Modulekode JVB 220
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud

Vanuit ‘n sistematiese en bate-gebaseerde benadering poog JVB 220 om onderwysstudente toe te rus met kennis en vaardighede om leerders in die grondslag-, intermediêre, senior en verdere onderwys en opleiding fases wat die volgende hindernisse tot leer en optimale deelname in die klas beleef, te sif, identifiseer, assesseer en ondersteun: disleksie, epilepsie, outisme spektrum versteurings, aandag tekort hiperaktiwiteit versteuring (ATHV), tweede taal leer, en die behoefte aan aanvullende en alternatiewe kommunikasie. Onderwysstudente sal ook toegerus word met kennis en vaardighede om die ouers van sodanige leerders in te lig en aan hulle riglyne te verskaf om hulle kinders te ondersteun, insluitende basiese loopbaanvoorligting. Onderwysstudente sal dus blootgestel word aan die wyse waarop kontekstuele psigo-sosiale sorg en ondersteuning geïmplementeer kan word in skole, deur die benutting en mobilisering van bestaande bates in die klaskamer, skool en skool-gemeenskap.

Modulekrediete 12.00
Kontaktyd 3 lesings per week
Onderrigtaal Afrikaans en Engels word in een klas gebruik
Departement Opvoedkundige Sielkunde
Aanbiedingstydperk Semester 2

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences